Wondervilla Huis vir Bejaardes - Old Age Home in Wonderboom South, Pretoria

Wondervilla is ontwikkel en gebou deur Pieter en Anzelle van Niekerk.

Die naam Wondervilla kom van die samevoeging van die area waar die tehuis geleë is Wonderboom Suid en die woord Villa aangesien die tehuis soos ‘n villa vertoon teen die agtergrond van die tuin en groot bome.


Die Tehuis is in Oktober 2012 gekoop deur Francois en Anchen Jooste, en hulle het besluit om voort te bou op die goeie fondasie wat deur Pieter en Anzelle gelê is.


Ons spesialiseer in die versorging en herberg van Bejaardes. Wondervilla is geleë op die hoek can Naude en 10de Laan, en die adres is 10de laan 916, Wonderboom Suid. Die Tehuis is op ‘n groot erf van +3000m2 langs die Hervormde Kerk.


Die villa het ‘n groot tuin met ‘n uitgestrekte grasperk en is privaat toegerus.


Die villa het 18 kamers, 14 badkamers, ‘n eetsaal, kombuis, waskamer en stoep.


Wondervilla kry gereeld besoek van ‘n plaaslike pastoor wat dienste hou vir diegene wat nie meer kerk toe kan gaan nie. Wondervilla beskik oor fasiliteite deur Telkom vir 20 x telefoonlyne.


Wondervilla is baie sentraal en goed geleë en daar is twee hospitale in ‘n radius van 3km. Enige praktyk, van ‘n Tandarts tot ‘n Kardioloog, is binne 2km afstand van die Villa. Ongeveer een blok vanaf die tehuis is daar ‘n OTM en ‘n Spar, asook twee nood apteke so ongeveer vier blokke verder.

old age home pretoria | huis vir bejaardes pretoria | elderly accommodation pretoria | old age accommodation pretoria medical care for old aged and elderly people | old age home pretoria | old age support | elderly support | old aged | old age care | elderly care old age home pretoria huis vir bejaardes pretoria elderly accommodation pretoria old age accommodation pretoria medical care for old aged and elderly people old age home pretoria senior citizens pretoria retirement aftree village retire old age retirement elderly retirement aftree oord aftreeoord pretoria south africa